2 Konings 14:26-29 Bybel vir Almal (ABA)

26. Die Here het gesien dit gaan sleg met Israel, baie sleg. Daar was toe niemand wat vir Israel kon help nie, nie ’n slaaf of ’n vry mens nie.

27. Die Here wou nie almal in die land Israel laat sterf nie, en Hy het vir Jerobeam seun van Joas gehelp om vir Israel te red.

28. Al die ander dinge wat Jerobeam gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel. Hy het dapper dinge gedoen toe hy oorlog gemaak het en die stede Damaskus en Hamat teruggevat het. Damaskus en Hamat het voorheen aan Israel behoort.

29. Jerobeam het gesterf, en sy seun Sagaria het koning geword ná hom.

2 Konings 14