2 Konings 13:15-18 Bybel vir Almal (ABA)

15. Elisa het vir die koning gesê: “Neem jou pyl en boog.”Koning Joas het dit gedoen,

16. en Elisa het vir hom gesê: “Sit jou hand op die boog.”Die koning het dit gedoen, en Elisa het sy hande op die koning se hande gesit

17. en gesê: “Maak oop die venster na die ooste.”Joas het dit gedoen, en toe sê Elisa: “Skiet.”Joas het ’n pyl geskiet, en toe sê Elisa: “Die pyl beteken die Here sal oorwin, die Here sal die land Aram oorwin. Jy sal die Arameërs in die stad Afek oorwin, hulle sal later niks meer kan doen nie.”

18. Toe sê Elisa: “Neem die pyle.”Joas het dit gedoen. Elisa sê toe vir hom: “Slaan daarmee op die grond.”Koning Joas het drie maal op die grond geslaan en toe het hy opgehou.

2 Konings 13