11. Toe die mense van die stad Jabes in Gilead hoor wat die Filistyne met Saul gedoen het,
12. het al die belangrike manne gereedgemaak en hulle het die hele nag geloop. Hulle het Saul en sy seuns se lyke afgehaal van die muur van Bet-San. Hulle het dit na Jabes gebring en hulle het die lyke daar verbrand.
13. Hulle het die bene wat oor was, geneem en hulle het dit begrawe onder die tamariskboom in Jabes. Daarna het hulle sewe dae lank gevas.