7. En nou, ek het gehoor dat jy besig is om skape te skeer. Die wagters wat jou diere opgepas het, was by ons, en ons het hulle nie gepla nie. Niks het weggeraak in daardie tyd toe hulle by Karmel was nie.
8. Jy kan jou manne vra, hulle sal vir jou sê dit is waar. Jy moet asseblief vriendelik wees met my manne, want vandag is ’n feesdag. Gee asseblief vir hulle en vir my, Dawid, ook van die kos wat jy het.’ ”
9. Dawid se manne het vir Nabal alles gaan sê wat Dawid vir hulle gesê het en hulle het gewag.