7. Hy het ’n paar beeste gevat en hy het hulle in stukke gesny. Hy het die stukke met boodskappers gestuur na al die plekke in die land Israel. Die boodskappers moes vir die mense sê: “Julle almal moet kom om saam met Saul en Samuel te gaan. As iemand nie kom nie, dan sal ons sy beeste ook so in stukke sny.”Die mense het groot geskrik en hulle het almal gekom.
8. Saul het hulle by die stad Besek laat bymekaarkom en hy het hulle getel. Daar was 300 000 manne van Israel en 30 000 manne van Juda.
9. Saul het vir die boodskappers wat gekom het, gesê: “Julle moet vir die mense van Jabes in Gilead sê dat ek hulle môre sal red wanneer die son warm is.”Toe die boodskappers by die mense van Jabes kom en dit vir hulle vertel, was hulle baie bly
10. en hulle het vir die Ammoniete gesê: “Môre sal ons uitkom na julle toe, en dan kan julle met ons doen wat julle wil.”
11. Saul het die volgende oggend sy manne in drie groepe verdeel. Hulle het vroeg die oggend in die Ammoniete se kamp ingekom en hulle het die Ammoniete oorwin. Hulle het aangehou veg tot die middag, en hulle het die Ammoniete wat oorgebly het, na al die kante toe gejaag, daar was nie twee wat bymekaar gebly het nie.
12. Die manne het toe vir Samuel gesê: “Wie het gesê Saul moenie hulle koning wees nie? Gee daardie manne, ons wil hulle doodmaak.”
13. Maar Saul het gesê: “Ons sal vandag niemand doodmaak nie, want die Here het vandag die Israeliete gered.”
14. Daarna het Samuel vir die manne gesê: “Kom ons gaan na die stad Gilgal en ons maak weer vir Saul koning.”
15. Al die manne het toe na Gilgal gegaan en hulle het daar by die tempel vir Saul koning gemaak. Hulle het daar ete-offers vir die Here gebring, en Saul en al die manne van Israel het baie gelukkig gevoel.