3. Want voorheen het julle lank die dinge gedoen wat die heidene doen. Julle het alles gedoen wat julle wil, julle wou slegte dinge doen, julle het gedrink totdat julle dronk was, julle het wilde partytjies gehou en baie gedrink, en julle het afgode aanbid. Dit was baie slegte dinge wat julle gedoen het.
4. Daarom is die heidene verbaas dat julle nie meer saam met hulle wild en verkeerd wil lewe nie en hulle sê slegte dinge van julle.
5. Die heidene sal vir God moet antwoord oor wat hulle gedoen het, en God is gereed om die mense te oordeel wat nog lewe en ook die mense wat klaar gesterf het.
6. Want dit is hoekom die mense wat klaar gesterf het, ook die goeie boodskap gehoor het terwyl hulle gelewe het. Mense het hulle hier op aarde ge-oordeel en doodgemaak, maar die Heilige Gees laat hulle lewe soos God wil hê.
7. Dit sal nie meer lank wees nie, dan sal al die dinge wat nou gebeur, ophou om te gebeur. Daarom moet julle verstandig wees en goed dink wat julle doen, sodat julle kan bid soos ’n mens moet bid.
8. Die belangrikste van alles is dat julle baie lief moet wees vir mekaar, want die liefde maak baie sondes toe.
9. Julle moet goed wees vir mekaar soos ’n mens goed is vir vreemdelinge, julle moenie daaroor kla nie.
10. God het genadegawes gegee vir elkeen van julle en Hy is baie goed vir julle op verskillende maniere. Julle is God se bestuurders, en daarom moet julle mekaar dien, julle moet die genadegawes gebruik wat Hy vir julle gegee het.
11. Wanneer iemand in die gemeente praat, dan moet dit wees soos wanneer God self met mense praat. Wanneer iemand die ander gelowiges dien, dan moet hy dien met die krag wat God vir hom gee. Jesus Christus laat hierdie mense dit doen sodat mense vir God kan prys. Ons prys God wat baie sterk is, ons prys Hom vir altyd en altyd. Amen.