1 Kronieke 6:73-81 Bybel vir Almal (ABA)

73. Ramot en Anem gegee, saam met die weiveld rondom die stede.

74. Die Aser-stam het die stede Masal, Abdon,

75. Gukok en Regob gegee, saam met die weiveld rondom die stede.

76. Die Naftali-stam het die stede Kedes in Galilea, Gammon en Kirjatajim gegee, saam met die weiveld rondom die stede.

77. Die Merari-families wat oorgebly het, het die stede Rimmono en Tabor gekry van die Sebulon-stam, saam met die weiveld rondom die stede.

78. Oorkant die Jordaan-rivier, oos van die rivier oorkant Jerigo, het die Ruben-stam die stad Beser in die woestyn gegee, en ook die stede Jahas,

79. Kedemot en Mefaät, saam met die weiveld rondom die stede.

80. Die Gad-stam het die stede Ramot in Gilead, Maganajim,

81. Gesbon en Jaser gegee, saam met die weiveld rondom die stede.

1 Kronieke 6