1 Kronieke 5:15-17 Bybel vir Almal (ABA)

15. Die leier van hulle families was Agi seun van Abdiël seun van Guni.

16. Die Gad-stam het gewoon in die land Gilead en in die land Basan en al sy dorpe, in al die weivelde van die land Saron tot waar die weivelde ophou.

17. In die tyd toe koning Jotam van Juda en koning Jerobeam van Israel regeer het, is die name van die Gad-stam se mense in die naamlyste geskryf.

1 Kronieke 5