1 Kronieke 5:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ruben was die oudste seun van Israel, maar hy het sy pa se bed onrein gemaak. Daarom het sy pa die regte van die oudste seun vir die seuns van Josef seun van Israel gegee. Daarom is Ruben se naam nie eerste in die naamlys geskryf nie.

2. Dit was Juda wat die belangrikste van die broers geword het, en die koning het uit die Juda-stam gekom, maar dit was Josef wat die regte van die oudste seun gekry het.

3. Die seuns van Israel se oudste seun Ruben was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi.

1 Kronieke 5