26. Esri seun van Kelub was die hoof oor die mense wat buite Jerusalem in die grond gewerk het.
27. Simeï van die stad Rama was die hoof oor die wingerde. Sabdi van die stad Sefam was die hoof oor die stoorkamers in die wingerde waar hulle die wyn gebêre het.
28. Baäl-Ganan van die stad Gedera was die hoof oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die Laeveld was. Joas was die hoof oor die stoorkamers waar hulle die olyf-olie gebêre het.
29. Sitrai van die land Saron was die hoof oor die beeste wat in Saron gewei het. Safat seun van Adlai was die hoof oor die beeste in die valleie.
30. Obil van die Ismael-familie was die hoof oor die kamele. Jegdeja van die stad Meronot was die hoof oor die donkies.
31. Jasis van die Hagar-familie was die hoof oor die skape en bokke. Dit is al die manne wat hoofde was oor die goed van koning Dawid.
32. Dawid se oom Jonatan was ’n raadgewer. Hy was ’n verstandige man en hy kon skryf. Jegiël seun van Gakmoni het die koning se kinders grootgemaak.