1. Die nageslag van Aäron moes vier familie-groepe gewees het, want Aäron se vier seuns was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.
2. Maar Nadab en Abihu het gesterf toe hulle pa nog gelewe het en hulle het nie seuns gehad nie. Daarom was net Eleasar en Itamar die hoofde van priester-families.
3. Sadok van die Eleasar-familie en Agimelek van die Itamar-familie het vir Dawid gehelp om die priesters in groepe te verdeel om hulle werk te doen.
4. Toe hulle sien dat daar in die Eleasar-familie meer mans is wat hoofde kan wees as in die Itamar-familie, het hulle die Eleasar-familie verdeel in 16 groepe en die Itamar-familie in ag groepe. Elke groep het ’n familiehoof gehad.
5. Hulle het lootjies getrek om die families te verdeel sodat daar priesterleiers van altwee families kon wees wat vir God in die tempel werk.