1 Kronieke 12:16-26 Bybel vir Almal (ABA)

16. Mense van die Benjamin-stam en die Juda-stam het gekom na die veilige plek in die berge waar Dawid weggekruip het.

17. Dawid het uitgegaan na hulle toe en hy het vir hulle gesê: “As julle na my toe gekom het om my te help en as julle vrede wil hê, dan sal ek saam met julle veg. Maar as julle gekom het om te kyk waar ek is om dit vir my vyande te vertel, dan bid ek dat die God van my voorvaders dit sal sien en dat Hy julle sal straf, want ek het niks verkeerd gedoen nie.”

18. Amasai was die leier van die 30 manne. Die Gees van die Here het in Amasai gekom en hy het gesê:“Dawid, ons wil by jou wees,seun van Isai, ons wil saammet jou gaan!Ons bid dat dit goed sal gaanmet jou, baie goed,ons bid dat dit goed sal gaanmet elkeen wat vir jou help,want dit is jou Godwat vir jou help.”Dawid het toe gesê hulle kan by hom bly, en hy het hulle die leiers gemaak van sy manne.

19. Manne van die Manasse-stam het na Dawid toe gekom toe hy saam met die Filistyne oorlog gaan maak het teen Saul. Maar Dawid het toe nie die Filistyne gehelp nie, want die leiers van die Filistyne het daaroor gepraat en hulle het gesê: “Sy koning sal weer baie van hom hou as hy die koppe van ons manne vir die koning bring.”

20. Die manne van die Manasse-stam wat na Dawid toe gekom het toe hy na Siklag gegaan het, was Adnag, Josabad, Jediael, Mikael, Josabad, Elihu en Silletai. Elkeen van hulle was ’n leier van 1 000 manne in die Manasse-stam.

21. Hulle het vir Dawid gehelp en hulle het leiers van sy manne geword, want hulle was almal belangrike manne en offisiere.

22. Daar het elke dag manne na Dawid toe gekom om hom te help. Hy het later ’n groot leër gehad, ’n baie groot leër.

23. Die manne wat in Hebron na Dawid toe gekom het om hom te help om koning te word in Saul se plek, het dit gedoen omdat die Here dit wou hê. Hulle was gereed om oorlog te maak. Hier is die getalle van die manne:

24. Van die Juda-stam was daar 6 800 manne. Hulle het skilde en spiese gehad en hulle was gereed om oorlog te maak.

25. Van die Simeon-stam was daar 7 100 manne wat goed oorlog kon maak.

26. Van die Levi-stam was daar 4 600 manne.

1 Kronieke 12