21. Hy was die belangrikste van die tweede drie spesiale manne en hy was hulle leier, maar hy het nie een van die eerste drie manne geword nie.
22. Benaja seun van Jojada van die stad Kabseël was ’n dapper man wat groot dinge gedoen het. Dit is hý wat daardie twee baie sterk manne van Moab oorwin het. En eendag toe dit gesneeu het, het hy afgegaan in ’n gat en hy het ’n leeu doodgemaak.
23. Dit is ook hý wat die Egiptenaar oorwin het. Die Egiptenaar was ’n groot man, hy was vyf el lank, en hy het ’n spies in sy hand gehad. Die spies was so groot soos die balk van ’n weefstoel. Maar Benaja het net ’n stok saamgeneem toe hy afgegaan het. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand gevat en hy het die Egiptenaar met sy eie spies doodgemaak.
24. Dit is wat Benaja seun van Jojada gedoen het. Die 30 spesiale manne het toe gedink Benaja is baie belangrik.
25. Hy was die belangrikste van die 30 manne, maar hy het nie een van die eerste drie manne geword nie. Dawid het hom gekies en aangestel om die hoof te wees van die manne wat die koning moes oppas.
26. Die spesiale manne was: Asael broer van Joab, Elganan seun van Dodo van die stad Betlehem,
27. Sammot van die stad Haror, Geles van die stad Pelon,
28. Ira seun van Ikkes van die stad Tekoa, Abiëser van die stad Anatot,
29. Sibbekai van die stad Gusa, Ilai van die stad Agoag,
30. Magri van die stad Netofa, Geled seun van Baäna van die stad Netofa,
31. Itai seun van Ribai van die stad Gibea in die land Benjamin, Benaja van die stad Piraton,
32. Gurai van die stad Nagale-Gaäs, Abiël van die stad Bet-Araba,
33. Asmawet van die stad Bagurim, Eljagba van die stad Saälbon,
34. die seuns van Hasem van die stad Gison, Jonatan seun van Sage van die stad Harar,
35. Agiam seun van Sakar van die stad Harar, Elifal seun van Ur,