1. Hier is die name van die eerste voorvaders: Adam, Set, Enos,
2. Kenan, Mahalalel, Jered,
3. Henog, Metusalag, Lameg,
4. Noag, Sem, Gam en Jafet.
5. Jafet se nageslag was die mense van die lande Gomer en Magog, die Mediërs, die Grieke en die mense van die lande Tubal, Mesek en Tiras.
6. Gomer se nageslag was die mense van die lande Askenas, Difat en Togarma.
7. Elisa en Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners was afstammelinge van die Grieke.
8. Gam se nageslag was die mense van die lande Kus, Egipte, Put en Kanaän.
9. Kus se nageslag was die mense van die lande Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Rama se nageslag was die mense van die lande Skeba en Dedan.
10. Kus het ook ’n seun Nimrod gehad. Hy het ’n baie sterk en belangrike man geword.
11. Die mense van Egipte was die voorvaders van die Ludeërs, die Anammers, die Lehabeërs, die Naftoagiete,