22. As ons dit doen, dan is ons ontrou en ons maak die Here kwaad. En julle weet dat ons nie sterker is as Hy nie.
23. Ja, ons is vry om alles te doen, maar daar is dinge wat nie goed is vir ons nie. Ons is vry om alles te doen, maar alles maak nie ons geloof sterk nie.
24. Ons moenie selfsugtig wees nie en ons moenie net doen wat vir óns goed is nie. Ons moet doen wat goed is vir ánder mense.
25. Julle mag enige vleis eet wat iemand in ’n slaghuis verkoop. Maar julle moenie vra van waar die vleis kom nie, want as julle miskien hoor dit is offer-vleis, dan sal julle dink julle doen sonde om dit te eet.
26. Want in die Ou Testament is geskryf: Die aarde en alles op die aardebehoort aan die Here.