1 Konings 21:25-28 Bybel vir Almal (ABA)

25. Daar was nie nog iemand wat so sleg was soos Agab nie. Hy het dit geniet om dinge te doen waarvan die Here nie hou nie. Sy vrou Isebel het hom die dinge laat doen.

26. Hy het dinge gedoen wat die Here haat, hy het afgode gedien. Die Amoriete het dit voorheen ook gedoen, en toe het die Here hulle weggejaag uit die land en Hy het die land vir die Israeliete gegee.

27. Toe Agab hoor wat Elia alles gesê het, het hy sy klere geskeur en rouklere om sy lyf gebind en hy het gevas. Hy het geslaap met die rouklere. Hy het rondgeloop en hy het niks gepraat nie.

28. Die Here sê toe vir Elia van Tisbe:

1 Konings 21