44. Die koning het ook vir Simeï gesê: “Jy weet jy is ’n slegte mens. Jy weet ook wat jy teen my pa Dawid gedoen het. Die Here sal jou nou straf oor wat jy gedoen het.
45. Maar die Here sal aanhou om dit goed te laat gaan met koning Salomo, en daar sal altyd iemand op die troon van Dawid voor die Here wees.”
46. Die koning het toe vir Benaja seun van Jojada gestuur, en hy het vir Simeï doodgemaak. Almal het toe geweet en aanvaar dat Salomo die koning is.