1 Konings 19:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Agab het vir Isebel alles vertel wat Elia gedoen het, ook dat hy al die profete van Baäl doodgemaak het.

2. Toe stuur Isebel vir Elia ’n boodskap en sê: “Ek bid dat die gode my sal help sodat ek môre hierdie selfde tyd met jou sal gedoen het wat jy met die profete van Baäl gedoen het.”

3. Elia het bang geword. Hy het gereedgemaak en gevlug, sodat Isebel hom nie kan doodmaak nie. Toe hy by die stad Berseba kom, het hy en die jongman by hom daar gerus.

1 Konings 19