1 Konings 18:7-9 Bybel vir Almal (ABA)

7. Obadja kry toe vir Elia op die pad, en hy het gesien wie dit is. Hy het gebuig en met sy gesig teen die grond gaan lê en gevra: “Meneer Elia, is dit jy?”

8. Elia het vir hom gesê: “Ja, dit is ek. Gaan sê vir jou meneer ek is hier.”

9. Toe sê Obadja: “Watter sonde het ek gedoen? Hoekom wil jy hê Agab moet my doodmaak?

1 Konings 18