26. Salomo het oorlogkarre en ryperde bymekaargemaak. Hy het 1 400 oorlogkarre en 12 000 ryperde gehad. Hy het party perde in die stede laat bly om die oorlogkarre te trek en hy het party perde by hom in Jerusalem laat bly.
27. Die koning het so baie silwer gehad soos die klippe in Jerusalem en so baie sederhout soos die wildevyebome in die Laeveld.
28. Salomo het perde uit Egipte en uit die land Kewe gekry. Sy handelaars het die perde in Kewe gaan koop.
29. ’n Oorlogkar van Egipte het 600 sikkels silwer gekos en ’n perd het 150 sikkels silwer gekos. Salomo het dit ook betaal vir die perde en oorlogkarre van die konings van die Hetiete en die Arameërs.