Spreuke 31:1-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woorde van koning Lemuel van Massa.Sy moeder het vir hom dié voorskrif gegee:

2. My seun, my kind wat ek in die wêreld gebring het,oor wie ek 'n gelofte gedoen het,

3. moenie jou krag op vrouens vermors nie,moenie jou lewe verspil met hulle nie;hulle bring konings tot 'n val.

4. Dit pas konings nie om te drink nie, Lemuel,dit pas hulle nie,dit pas mense met gesag nie om hulle aan drank oor te gee nie.

5. As hulle drink, vergeet hulle wat die wet bepaalen laat hulle nie reg geskied aan al die minderbevoorregtes nie.

6. Gee drank aan dié wat besig is om onder te gaan,laat dié wat swaar ly, drink;

7. as so 'n mens drink, vergeet hy van sy armoedeen dink hy nie meer aan sy moeilikheid nie.

8. Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie,kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan;

9. praat, en lewer regverdige uitsprake,laat reg geskied aan die armes en ellendiges.

10. 'n Knap vrou is baie werd,baie meer as edelstene.

11. Haar man steun op haaren pluk die vrugte van haar werk.

12. Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie,haar hele lewe lank.

13. Sy maak wol en vlas bymekaaren geniet dit om dit te verwerk.

14. Sy is soos die handelskepe,sy bring die kos van ver af in.

15. Sy staan op as dit nog nag isen maak kos vir haar huisgesin;ook haar slavinne kry hulle deel.

16. Sy oorweeg die waarde van 'n stuk grond en koop dit,sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het.

Spreuke 31