18. Waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder 'n volk;dit gaan goed met elkeen wat die wet van die Here onderhou.
19. Met woorde alleen laat 'n slaaf hom nie waarsku nie;hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie.
20. Jy sien self: vir die man wat praat sonder om eers te dink,is daar minder hoop as vir 'n dwaas.
21. As jy 'n slaaf van kleins af bederf,is hy rebels as hy groot is.
22. 'n Opvlieënde mens veroorsaak rusie;iemand wat kort van draad is, doen sonde op sonde.
23. Hoogmoed bring 'n mens tot 'n val;nederigheid bring eer.
24. Iemand wat gesteelde goed ontvang, gee nie om vir sy lewe nie;hy weet die vloek sal hom tref, maar hy wil nie praat nie.
25. As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland,maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.