Spreuke 29:14-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. As 'n koning reg aan arm mense laat geskied,sal hy lank regeer.

15. 'n Pak slae en 'n teregwysing bring wysheid;'n kind wat sonder dissipline grootword, steek sy moeder in die skande.

16. As goddelose mense regeer, regeer die sonde ook,maar die mense wat die wil van die Here doen,sal sien hoe die goddeloses ondergaan.

17. Gee jou seun 'n goeie opvoedingen jy sal gerus wees oor hom;hy sal jou baie vreugde verskaf.

18. Waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder 'n volk;dit gaan goed met elkeen wat die wet van die Here onderhou.

19. Met woorde alleen laat 'n slaaf hom nie waarsku nie;hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie.

Spreuke 29