Spreuke 29:10-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Moordenaars haat 'n onskuldige mens;mense wat reg lewe, probeer sy lewe red.

11. 'n Dwaas gee vrye teuels aan sy woede;'n wyse mens kry die dwaas naderhand gekalmeer.

12. 'n Regeerder wat hom aan leuens steur,het naderhand net goddeloses in sy diens.

13. 'n Arm mens en sy verdrukker het een ding gemeenskaplik:die Here hou hulle altwee in die lewe.

14. As 'n koning reg aan arm mense laat geskied,sal hy lank regeer.

15. 'n Pak slae en 'n teregwysing bring wysheid;'n kind wat sonder dissipline grootword, steek sy moeder in die skande.

16. As goddelose mense regeer, regeer die sonde ook,maar die mense wat die wil van die Here doen,sal sien hoe die goddeloses ondergaan.

17. Gee jou seun 'n goeie opvoedingen jy sal gerus wees oor hom;hy sal jou baie vreugde verskaf.

18. Waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder 'n volk;dit gaan goed met elkeen wat die wet van die Here onderhou.

19. Met woorde alleen laat 'n slaaf hom nie waarsku nie;hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie.

20. Jy sien self: vir die man wat praat sonder om eers te dink,is daar minder hoop as vir 'n dwaas.

21. As jy 'n slaaf van kleins af bederf,is hy rebels as hy groot is.

22. 'n Opvlieënde mens veroorsaak rusie;iemand wat kort van draad is, doen sonde op sonde.

Spreuke 29