Spreuke 28:13-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie;wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.

14. Dit gaan goed met 'n mens wat altyd versigtig is;maar iemand wat moedswillig is, sal ondergaan.

15. 'n Brullende leeu, 'n beer wat wil rondstorm,so is 'n goddelose regeerder oor 'n weerlose volk.

16. As 'n heerser verstandigheid kortkom,is daar baie verdrukking;wie uitbuiting haat, lewe lank.

17. 'n Man wat moord op sy gewete het,moet op die vlug bly tot sy dood toe.Niemand moet hom help nie.

18. Wie 'n eerbare lewe lei, sal hulp ontvang;wie 'n oneerlike lewe lei, sal onverwags tot 'n val kom.

19. Wie sy grond bewerk, het volop om te eet;wie hom besig hou met nuttelose dinge, word brandarm.

20. 'n Betroubare man is baie voorspoedig;een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry.

21. Dit is nie reg dat mense partydig is en sondig nie,selfs nie ter wille van 'n stukkie kos nie.

22. 'n Inhalige mens wil gou ryk word;hy besef nie dat daar vir hom gebrek wag nie.

Spreuke 28