11. 'n Ryk man kan dink hy het die wysheid in pag,maar 'n arm mens met insig sien deur hom.
12. As regverdiges rede tot blydskap het, praat almal met trots daaroor,as goddelose mense aan die bewind kom, kruip die mense weg.
13. Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie;wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.
14. Dit gaan goed met 'n mens wat altyd versigtig is;maar iemand wat moedswillig is, sal ondergaan.
15. 'n Brullende leeu, 'n beer wat wil rondstorm,so is 'n goddelose regeerder oor 'n weerlose volk.