Spreuke 26:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Soos sneeu in die somer en reën in die oestyd,so min pas dit dat 'n dwaas eer ontvang.

2. Soos voëltjies wat verbyvlieg en nie gaan sit nie,so gaan 'n vervloeking by jou verby as jy dit nie verdien nie.

3. 'n Sweep vir 'n perd, 'n toom vir 'n donkie,en 'n lat vir 'n dwaas.

4. Moenie 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier beantwoord nie;hy sal dink jy is soos hy.

Spreuke 26