6. Jy maak oorlog ná beraadslaging,en die oorwinning kom deur baie raadgewers.
7. Wysheid is bo 'n dwaas se begrip;hy kan dit nie waag om sy mond oop te maakwaar leiers beraadslaag nie.
8. Een wat beplan om kwaad te doen,kry die naam van 'n knoeier.
9. 'n Dwaas se geknoei loop op niks uit nie;mense verafsku 'n ligsinnige mens.
10. As jy weifel op die dag van nood,is jy nie opgewasse daarvoor nie.
11. Red dié wat na hulle dood toe gesleep word,dié wat val-val op pad isom doodgemaak te word as jy nie keer nie.
12. As jy sou sê: “Ons weet daar niks van af nie”sal God wat die gedagtes toets,weet wat die waarheid is.Hy wat oor jou wag hou, Hy weeten Hy vergeld 'n mens vir wat hy gedoen het.
13. Eet heuning, my seun, dit is lekker;die stroop is soet in jou mond.
14. So smaak die kennis, die wysheid ook;as jy dié gekry het, het jy 'n toekoms,en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.
15. Moenie soos 'n slegte mens die regverdige by sy huis gaan voorlêen sy woonplek verwoes nie.
16. Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op,maar die goddeloses word deur rampe vernietig.
17. Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie,moenie juig wanneer hy ondergaan nie.
18. Die Here sal sien wat jy doen, en dit sal verkeerd wees in sy oë,en Hy sal jou vyand nie verder straf nie.
19. Moet jou nie ontstel oor skelms,jou kwel oor goddelose mense nie,