Spreuke 23:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. As jy aansit om saam met 'n hoë amptenaar te eet,wees tevrede met wat jou voorgesit word

2. en bedwing jou as jy 'n groot eetlus het.

3. Moenie sy lekker kos begeer nie;dit kan jou duur te staan kom.

4. Moet jou nie afsloof om ryk te word nieen moenie jou sin vir waardes verloor nie.

5. Jy het nog skaars die rykdom gesmaak of dit is weg;dit kry vlerke en vlieg die lug in soos 'n arend.

6. Moenie by 'n suinige mens gaan eet nie,moenie sy lekker kos begeer nie,

7. want hy bly uitreken hoeveel dit hom kos.Dit is hoe hy is.Hy moedig jou aan om te eet en te drink,maar hy bedoel dit nie.

8. Jy sal naar word van wat jy eeten jou komplimente sal verkwis wees.

9. Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie;hy sal jou verstandige raad met minagting behandel.

Spreuke 23