Spreuke 19:13-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. 'n Dwase seun is sy vader se ondergang;die gekyf van 'n vrou is soos die gedrup uit 'n dak wat lek.

14. Van sy ouers kan iemand 'n huis en besittings erf,maar 'n verstandige vrou is 'n geskenk van die Here.

15. Luiheid laat 'n mens diep slaap;'n lui mens ly honger.

16. Wie prys stel op die gebod van die Here, stel prys op sy eie lewe;wie nie omgee hoe hy lewe nie, sterf.

Spreuke 19