Sefanja 1:6-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. dié wat die rug vir die Here draai,na sy wil nie vra nie en Hom nie raadpleeg nie.

7. Wag in stilte op die Here God!Die dag van die Here is naby!Hy het 'n maaltyd voorberei,en dié wat Hy genooi het, gewy.

8. Op die dag van die maaltyd sal Ek, die Here,die amptenare en die prinse straf,almal wat uitlandse klere dra.

9. Daardie dag sal Ek almal strafwat uit bygeloof nie eens op 'n drumpel trap nieen wat die huis van hulle Koningmet geweld en bedrog vul.

10. Daardie dag, sê die Here,sal daar noodkrete klink uit die Vispoort uit,gehuil uit die tweede stadswyk,harde smartkrete van die heuwels af.

11. Huil, inwoners van die Vysel,want al die handelaars word uitgedelg,almal wat geld afweeg, word uitgeroei.

12. Daardie tyd sal Ek Jerusalem met lampe deursoeken die mense straf wat in hulle selftevredenheid dink:die Here doen nie goed óf kwaad nie.

13. Hulle besittings sal geplunder word,hulle huise verwoes word.Hulle sal huise bou, maar nie daarin woon nie,wingerde plant, maar nie die wyn drink nie.

14. Die groot dag van die Here is naby,baie naby, dit kom gou.Luister hoe bitter, hoe skril klinkdie geskreeu van die soldate dié dag!

15. Dié dag is 'n dag van toorn,'n dag van nood en benoudheid,'n dag van storms en verwoesting,'n dag van donkerte, van duisternis,'n dag van wolke, van swaar onweer,

16. 'n dag waarop die ramshoring sal blaasen die krygsgeskreeu sal klinkteen die vestingstede, teen die hoë hoektorings.

17. Ek laat angs die mense paksodat hulle soos blindes loop,want hulle het teen My gesondig.Hulle bloed sal vergiet wordasof dit so min werd is as stof,asof hulle liggameniks meer as uitwerpsel is nie.

18. Nóg hulle silwer nóg hulle goudsal hulle kan red op die dagwanneer die toorn van die Here losbreek,wanneer die hele land verteer worddeur die vuur van sy woede.Hy bring vernietiging en skrikoor al die inwoners van die land.

Sefanja 1