Sagaria 6:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ek het weer 'n gesig gesien. Daar was vier strydwaens wat tussen twee berge uitgekom het, berge van koper.

2. Voor die eerste strydwa was bruin perde en voor die tweede swartes.

3. Voor die derde was wit perde en voor die vierde skimmels.

4. Ek het vir die engel wat vir my die gesigte moes uitlê, gevra: “Wat beteken dit, Meneer?”

5. Hy het vir my gesê: “Die strydwaens het gestaan voor Hom aan wie die hele aarde behoort. Nou gaan hulle in die vier windrigtings.

Sagaria 6