27. En Jesaja roep van Israel dít uit:“Al was die Israeliete so baie soos die sand van die see,net die handjievol wat oorbly, sal gered word,
28. want die Here gaan eens en vir altydhier op aarde die saak afhandel.”
29. So het Jesaja trouens al vroeër gesê:“As die Here, die Almagtige,nie vir ons 'n klompie laat oorbly het nie —soos met Sodom sou dit met ons gegaan het,soos Gomorra sou ons uitgewis gewees het.”
30. Wat is nou ons gevolgtrekking?Dít: heidene het nie God se vryspraak gesoek nie, maar dit wel gekry — die vryspraak deur die geloof.
31. Israel, daarenteen, het 'n wet gesoek waardeur hulle God se vryspraak sou kon kry, maar by so 'n wet het hulle nie uitgekom nie.
32. Waarom kon hulle nie die vryspraak kry nie? Omdat hulle nie op die geloof wou bou nie, maar op hulle eie prestasies. Hulle het oor die struikelblok gestruikel