Romeine 14:8-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here;en as ons sterwe, sterf ons tot eervan die Here.Of ons dan lewe en of ons sterwe,ons behoort aan die Here.

9. Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes.

10. Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn,

11. want daar staan geskrywe:“So seker as Ek lewe, sê die Here,voor My sal elke knie buig,en elke tong sal bely dat Ek God is.”

12. Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.

13. Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot 'n val kan bring nie.

14. Omdat ek die Here Jesus ken, weet ek en is ek daarvan oortuig dat niks vanself onrein is nie. Maar as iemand iets as onrein beskou — vir hom is dit dan onrein.

Romeine 14