Romeine 12:16-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Wees eensgesind onder mekaar.Moenie hooghartig wees nie,maar skaar julle by die nederiges.Moenie eiewys wees nie.

17. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie.Wees goedgesind teenoor alle mense.

18. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang,leef in vrede met alle mense.

19. Moenie self wraak neem nie, geliefdes,maar laat dit oor aan die oordeel van God.Daar staan immers geskrywe:“Dit is mý reg om te straf;Ék sal vergeld,”sê die Here.

20. “As jou vyand honger is,gee hom iets om te eet;as hy dors is,gee hom iets om te drink;want deur dit te doen,maak jy hom vuurrooi van skaamte.”

Romeine 12