Romeine 12:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Verbly julle in die hoop;staan vas in verdrukking;volhard in gebed.

13. Help die medegelowigesin hulle nooden lê julle toe op gasvryheid.

14. Seën julle vervolgers, ja, seën hulle,moet hulle nie vervloek nie.

15. Wees bly saam met dié wat bly isen treur saam met dié wat treur.

16. Wees eensgesind onder mekaar.Moenie hooghartig wees nie,maar skaar julle by die nederiges.Moenie eiewys wees nie.

Romeine 12