6. Maar die leiers van Sukkot het vir hom gevra: “Het jy al vir Sebag en Salmunna gevang dat ons vir jou en jou leër moet brood gee?”
7. Gideon het vir hulle gesê: “Wanneer die Here vir Sebag en Salmunna in my mag oorgegee het, sal ek julle kom stukkend skeur met doringstruike, met haakdorings uit die woestyn.”
8. Van daar af is hy verder na Pniël toe en hy het ook vir hulle kos gevra, maar die mense van Pniël het hom dieselfde antwoord gegee as dié van Sukkot.
9. Toe sê hy vir die mense van Pniël: “Wanneer ek as oorwinnaar terugkom, sal ek die toring in julle stad platslaan.”
10. Sebag en Salmunna was toe in Karkor. By hulle was 'n leër van ongeveer vyftien duisend man. Dit was al wat oorgebly het van die leër van die mense uit die ooste; honderd en twintig duisend van hulle beste soldate het gesneuwel.
11. Gideon het toe die Nomadepad ooste toe gevat, na Nobag en Jogboha toe. Die leër van die Midianiete was houtgerus en Gideon het hulle aangeval.
12. Sebag en Salmunna het gevlug, maar Gideon het hulle agternagesit en die twee Midianitiese konings gevang. Hy het die hele leër met skrik vervul.