Rigters 5:6-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. “In die dae van Samgar seun van Anat,in die dae van Jael was die hoofpaaie stil,reisigers het ompaaie gebruik.

7. Die lewe buite die stede het in Israel gekwynen agteruitgegaantotdat ek, Debora, na vore gekom het,totdat 'n moeder in Israel na vore gekom het.

8. Toe die volk nuwe gode vir hulle gekies het,het daar oorlog gekom,maar nie een uit Israel se duisende soldatehet die wapen opgeneem nie.

9. “Ek staan by die leiers van Israel,by dié wat hulle vrywillig aangemeld het.Julle moet die Here prys,

10. julle wat op bruin donkies ry,julle wat op mooi saalkleedjies sit,julle wat op reis is,julle moet dit alles vertel!

11. “Tussen die drinkbakke praat hulle daaroor,besing hulle die oorwinning wat die Here behaal het,sy oorwinning vir die boere van Israel.“Die volk van die Here kom bymekaar by die stadspoorte,hulle sing:

12. ‘Kom, Debora, kom,kom, kom sing 'n lied!Maak klaar, Barak seun van Abinoam,kom maak vir jou krygsgevangenes!’

13. “Dié van my volk wat oorgebly het,het bymekaargekom by die leiers,die volk van die Here het na my toe gekom,al die dapper vegters:

14. party was van Efraim, selfs ver uit Amalek uit,saam met hulle Benjamin, almal uit jou volk,party was van Makir, sy leiers het gekom,en uit Sebulon dié wat die heersersepter dra,

15. die leiers uit Issaskar was by Debora.Issaskar was soos Barak,in die laagte was Issaskar by Barak.“By Ruben se suipplekke is daar baie beraadslaag.

16. Waarom het jy by die saalsakke bly sit,bly luister na die fluitspel by die veetroppe?By Ruben se suipplekke is daar baie beraadslaag.

17. Gilead het oorkant die Jordaan bly sit,en waarom het Dan by die skepe gebly?Aser het by die seestrand bly sit,nie van sy kaai af geroer nie.

18. Sebulon was nie bang vir die dood nieen Naftali het die dood getrotseer op die hoogland.

19. “Konings het gekom, hulle het geveg,die konings van Kanaän het gevegby Taänak, by Megiddo se waters,maar hulle het nie silwer buitgemaak nie.

20. Uit die hemel het die sterre geveg,uit hulle bane het hulle teen Sisera geveg.

21. Die Kisonrivier het die vyand meegesleur,die Kisonrivier, die rivier uit die voortyd.“Hou moed! Wees sterk!

Rigters 5