Rigters 18:24-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Toe sê hy: “Maar julle het my god wat ek gemaak het, gevat en ook my priester, en nou gaan julle weg. Wat het ek nou oor? Hoe sê julle vir my: Wat is dit met jou?”

25. Die mense van Dan het hom geantwoord: “Moenie hier by ons kom staan en lawaai nie! Netnou val 'n klompie roekelose manne jou aan en dan maak hulle jou en jou mense dood.”

26. Toe trek die mense van Dan verder, en Miga het besef hulle is sterker as hy en hy het omgedraai huis toe.

27. Die mense van Dan het die beelde gevat wat Miga gemaak het, en ook sy priester, en na Lajis toe gegaan, na die volk wat sonder agterdog en houtgerus woon, en hulle doodgemaak en hulle stad verbrand.

Rigters 18