Rigters 14:14-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Simson sê toe:“Uit 'n eter kom daar iets te ete,uit 'n sterke kom daar iets soets.”Die derde dag kon hulle nog nie die antwoord gee nie.

15. Die sewende dag sê hulle toe vir Simson se vrou: “Haal jou man oor om die antwoord op die raaisel aan ons bekend te maak, anders verbrand ons jou en jou familie. Het jy ons hierheen genooi om ons kaal uit te trek?”

16. Simson se vrou het by hom gehuil en gesê: “Jy haat my. Jy het my nie lief nie. Jy het my mense 'n raaisel gevra sonder om vir my te sê wat dit beteken.”Hy het vir haar gesê: “Hoe sou ek dit vir jou vertel? Ek het dit selfs nie vir my ouers vertel nie.”

17. Sy het die hele sewe dae van die fees by hom geneul en op die sewende dag het hy dit vir haar vertel, want sy het hom bly lastig val. Sy het toe die antwoord op die raaisel vir haar mense gegee.

18. Op die sewende dag, net voor sononder, sê die mense van die stad toe vir Simson:“Wat is soeter as heuning?Wat is sterker as 'n leeu?”Hy sê toe vir hulle:“Julle het met my kalf geploeganders sou julle nie die antwoordop my raaisel gevind het nie!”

19. Die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak, en hy is af Askelon toe. Daar het hy dertig man doodgeslaan en hulle klere gevat en vir die mans gegee wat die raaisel uitgelê het. Hy was baie kwaad en is na sy pa se huis toe.

20. Simson se vrou is toe aan die vriend gegee wat sy strooijonker was.

Rigters 14