4. Jy moet jouself goed oppas en nie wyn of bier drink nie en ook nie iets onreins eet nie.
5. Trouens, jy is reeds swanger en jy sal 'n seun in die wêreld bring. Sy hare mag nie geskeer word nie, want die kind sal van sy geboorte af aan God gewy wees. Hy sal die Israeliete begin red uit die mag van die Filistyne.”
6. Die vrou het toe vir haar man gaan sê: “Daar het 'n man van God by my gekom. Hy het gelyk soos 'n engel van God, 'n man met gesag. Ek het hom nie gevra waarvandaan hy kom nie, en hy het my nie gesê wat sy naam is nie.
7. Hy het vir my gesê: Kyk, jy is swanger en sal 'n seun in die wêreld bring. Jy mag voortaan nie wyn of bier drink nie en ook nie enigiets onreins eet nie, want die kind sal van sy geboorte af tot met sy dood aan God gewy wees.”