Prediker 3:6-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. 'n tyd om aan te skaf, 'n tyd om te laat wegraak,'n tyd om te spaar, 'n tyd om weg te gooi,

7. 'n tyd om te skeur, 'n tyd om toe te werk,'n tyd om stil te bly, 'n tyd om te praat,

8. 'n tyd om lief te hê, 'n tyd om te haat,'n tyd vir oorlog, 'n tyd vir vrede.

9. Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?

10. Ek het gesien dat God aan die mens 'n taak gegee het om hom mee besig te hou.

11. God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.

12. Ek het tot die insig gekom dat daar vir 'n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet.

13. Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God.

Prediker 3