16. Verder het ek in hierdie wêreld gesien:waar daar reg moet geskied, is daar onreg;waar daar geregtigheid moet wees, is daar oortreding.
17. Ek het by myself gedink: God spreek reg oor regverdige en onregverdige; daar is 'n tyd vir elke saak, ook vir wat in die regspraak gebeur.
18. Ek het by myself gedink: dit is ter wille van die mense self dat God hulle toets; hulle moet insien dat hulle niks anders as diere is nie.
19. Een en dieselfde lot tref mens en dier, hulle gaan almal dood, die een soos die ander. Almal het net een asem. Die mens is nie beter daaraan toe as die dier nie. Alles kom tot niks.
20. Almal is op pad na dieselfde plek toe,almal is van stof en almal word weer stof.
21. Wie weet of die asem van die mens opstyg boontoeen of die asem van die dier afgaan onder toe?
22. Ek het gesien dat daar niks beter is nieas dat die mens vreugde vind in sy werk;dit is wat hom toekom.Wie kan hom laat sien wat ná hom sal gebeur?