13. Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God.
14. Ek het tot die insig gekom dat wat God doen, blywend is:jy kan daar niks byvoeg nieen jy kan daar niks van wegneem nie.God doen dit sodat die mens vir Hom ontsag sal hê.
15. Wat is, was reeds.Wat kom, was ook alreeds.God laat weer gebeur wat vroeër gebeur het.
16. Verder het ek in hierdie wêreld gesien:waar daar reg moet geskied, is daar onreg;waar daar geregtigheid moet wees, is daar oortreding.
17. Ek het by myself gedink: God spreek reg oor regverdige en onregverdige; daar is 'n tyd vir elke saak, ook vir wat in die regspraak gebeur.
18. Ek het by myself gedink: dit is ter wille van die mense self dat God hulle toets; hulle moet insien dat hulle niks anders as diere is nie.
19. Een en dieselfde lot tref mens en dier, hulle gaan almal dood, die een soos die ander. Almal het net een asem. Die mens is nie beter daaraan toe as die dier nie. Alles kom tot niks.