2. Op bevel van die Here het Moses soos hulle getrek het die name van die kampplekke aangeteken. Dit is hoe hulle getrek het:
3. Hulle het uit Rameses vertrek op die vyftiende van die eerste maand, die dag ná die paasfees. Deur die magtige dade van die Here het hulle voor die oë van die Egiptenaars weggetrek
4. terwyl die Egiptenaars nog besig was om hulle eersgeborenes, wat deur die Here om die lewe gebring is, te begrawe. Dit is hoe die Here die oordeel oor hulle gode voltrek het.
5. Die Israeliete het van Rameses af weggetrek en by Sukkot kamp opgeslaan.
6. Hulle het Sukkot verlaat en kamp opgeslaan by Etam aan die rand van die woestyn.
7. Hulle het Etam verlaat, en is toe terug na Pi-Hagirot, regoor Baäl-Sefon, en het by Migdol kamp opgeslaan.
8. Hulle het die omgewing van Pi-Hagirot verlaat en deur die Rietsee na die woestyn toe getrek. Na drie dae se trek deur die Etamwoestyn het hulle by Mara kamp opgeslaan.
9. Hulle het Mara verlaat en by Elim aangekom. Daar was twaalf fonteine en sewentig palmbome, en hulle het daar kamp opgeslaan.
10. Hulle het van Elim af teruggedraai en by die Rietsee kamp opgeslaan.
11. Hulle het die Rietsee verlaat en in die Sinwoestyn kamp opgeslaan.
12. Hulle het die Sinwoestyn verlaat en by Dofka kamp opgeslaan.
13. Hulle het Dofka verlaat en by Alus kamp opgeslaan.
14. Hulle het Alus verlaat en by Refidim kamp opgeslaan. Daar was nie drinkwater vir die volk nie.
15. Hulle het Refidim verlaat en in die Sinaiwoestyn kamp opgeslaan.
16. Hulle het die Sinaiwoestyn verlaat en by Kibrot-Taäwa kamp opgeslaan.
17. Hulle het Kibrot-Taäwa verlaat en by Gaserot kamp opgeslaan.
18. Hulle het Gaserot verlaat en by Ritma kamp opgeslaan.
19. Hulle het Ritma verlaat en by Rimmon-Peres kamp opgeslaan.
20. Hulle het Rimmon-Peres verlaat en by Libna kamp opgeslaan.