Numeri 26:3-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Moses en die priester Eleasar het toe in die Moabsvlakte regoor Jerigo aan die Jordaan die opname gemaak

4. van almal van twintig jaar en ouer soos die Here vir Moses beveel het.Hier volg die opgawe van die Israelitiese families wat uit Egipte gekom het:

5. Ruben, oudste seun van Israel: die Rubenfamilies was dié van Ganok,

6. Gesron en Karmi.

7. Die Rubenfamilies was altesaam 43 730 man.

8. Pallu se seun was Eliab,

9. en sy seuns was Nemuel, Datan en Abiram. Dit was dié Datan en Abiram wat as leiers deur die vergadering verkies was, maar teen Moses en Aäron in opstand gekom het toe die bende van Korag teen die Here in opstand gekom het.

10. Die grond het oopgeskeur en hulle ingesluk saam met Korag wie se bende omgekom het toe die vuur twee honderd en vyftig man verteer het. Dit was 'n waarskuwing vir Israel.

11. Die seuns van Korag het egter nie gesterf nie.

12. Die Simeonfamilies was dié van Jemuel, Jamin, Jakin,

13. Serag en Saul.

14. Die Simeonfamilies was altesaam 22 200 man.

15. Die Gadfamilies was dié van Sifjon, Gaggi, Suni,

16. Osni, Eri,

17. Arod en Areli.

18. Die Gadfamilies was altesaam 40 500 man.

Numeri 26