Nehemia 9:33-38 Afrikaans 1983 (AFR83)

33. In alles wat oor ons gekom het, was U regverdig;U het reg gedoen, ons verkeerd.

34. Ons konings, ons amptenare,ons priesters, ons voorvadershet nie u wet gehoorsaam nie,nie gelet op u gebooie, u verordeningewaarmee U hulle gewaarsku het nie.

35. Hulle konings het nog geregeeren hulle het nog u groot goedheid genietwat U hulle gegee heten in die wye, vrugbare land gewoonwat U aan hulle gegee het;al het hulle U nie gedien nieen hulle nie bekeer van hulle slegte dade nie.

36. Hier is ons vandag slawe,ons is slawe in hierdie land,die land wat U aan ons voorvaders gegee hetdat hulle die vrug daarvan en die goeie dinge daarin kan geniet.

37. Sy ryke opbrengs behoort aan die koningswat U oor ons aangestel het as gevolg van ons sondes;die konings maak met ons en ons vee soos hulle wil.Ons verkeer in groot nood.

38. Daarom gaan ons 'n skriftelike onderneming aan. Op die verseëlde dokument teken ons leiers, ons Leviete en ons priesters hulle name.

Nehemia 9