Nehemia 7:4-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Die stad was uitgestrek en groot, met min mense daarin, en daar was nog nie genoeg huise gebou nie.

5. My God het my die besluit laat neem om die vooraanstaande burgers, die amptenare en die ander mense te laat bymekaarkom vir opname in die familieregister. Ek het die register van dié wat eerste teruggekom het, in die hande gekry, en daarin die volgende opgeskryf gevind:

6. “Hier volg 'n opgawe van die mense uit die provinsie Juda wat uit die ballingskap teruggekom het na Jerusalem en Juda toe, elkeen na sy eie stad toe. Hulle is weggevoer deur koning Nebukadnesar van Babel,

7. en hulle het teruggekom saam met Serubbabel, Josua, Nehemia, Asarja, Raämja, Nagamani, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna. Die getalle van die mense van die volk Israel:“Ingedeel volgens families:

8. Paros 2 172,

9. Sefatja 372,

10. Arag 652,

11. Pagat-Moab, uit die families van Josua en Joab, 2 818,

12. Elam 1 254,

13. Sattu 845,

14. Sakkai 760,

15. Bani 648,

16. Bebai 628,

17. Asgad 2 322,

18. Adonikam 667,

19. Bigwai 2 067,

20. Adin 655,

21. Ater, uit die familie van Hiskia, 98,

Nehemia 7