20. Die res van Israel en van die priesters en Leviete het oral in die stede van Juda gewoon, elkeen op sy eie stuk grond.
21. Die tempelslawe het op die Ofel gewoon. Hulle was onder die bevel van Siga en Gispa.
22. Die gesagvoerder oor die Leviete in Jerusalem was Ussi seun van Bani, seun van Gasabja, seun van Mattanja, seun van Miga, uit die nageslag van Asaf wat die sangers was by die dienswerk in die tempel.
23. Daar het 'n koninklike opdrag oor die sangers bestaan, 'n voorskrif oor hulle optrede soos dit elke dag moes geskied.
24. Petagja seun van Mesesabel, uit die nageslag van Serag seun van Juda, was die gevolmagtigde van die koning vir alle sake van die volk.