Nehemia 10:33-39 Afrikaans 1983 (AFR83)

33. vir die offerbrood, die gereelde graanoffer, die gereelde brandoffer, die offers op sabbatte, nuwemane, vasgestelde feestye en besondere gewyde dae, vir die sondeoffer om vir Israel versoening te doen, en vir al die werk in die huis van ons God.

34. “Ons, priesters, Leviete sowel as die ander mense, het geloot om te bepaal wanneer dit elke familie se beurt is om, op die vasgestelde tyd elke jaar, die heffing van brandhout vir die altaar van die Here ons God na die huis van ons God toe te bring soos dit in die wet voorgeskryf is.

35. “Ons sal die eerstelinge van ons gesaaides en die eerstelinge van al die vrugtebome elke jaar na die huis van die Here toe bring.

36. “Soos dit in die wet voorgeskryf is, sal ons ons eersgebore seuns en die eersgeborenes van ons vee, van ons beeste sowel as van ons kleinvee, na die priesters toe bring wat in die huis van ons God diens doen.

37. “Ons sal die eerste deeg ná die oes, ons offergawes en die eerstelinge van alles wat ons bome oplewer, van ons wyn en olie, na die opslagplekke van die huis van ons God bring vir die priesters, en die tiendes van ons gesaaides vir die Leviete.“Die Leviete sal tiendes insamel in al die stede waar ons werk.

38. 'n Priester uit die nageslag van Aäron sal die Leviete vergesel wanneer hulle tiendes insamel. Die Leviete sal een tiende van die ingesamelde tiendes na die huis van ons God toe bring, na die opslagplekke by die voorraadkamer toe.

39. “Die Israeliete en die Leviete sal die offergawes van koring, wyn en olie na die opslagplekke toe bring. Daar word die gereedskap vir die heiligdom gebêre, en daar is die diensdoende priesters, die poortwagte en die sangers.“Ons sal die huis van ons God nie verwaarloos nie.”

Nehemia 10